Beskuldigdes gevonnis wat kind van skool ontvoer, verkrag, vermoor en losprys eis

Lees ook :

Foto: op lêer

VRYSTAAT. – Stompi Motsika Rapuleng (48) en Lerato Mirriam Khitsane (46) het vier lewenslange tronkstrafvonnisse in onderskeidelik die Welkom-en Bloemfontein-hooggeregshof ontvang. Dit volg nadat hulle vir Bokamoso Shabe (8) van Laerskool Matshebo van die skool gelok, ontvoer, verkrag en vermoor het. Die verdagtes het ook ‘n losprys van die famiilie van die kind geëis.

Kapt. Stephen Thakeng sê Khitsane, wat met ‘n wit Volkswagen Jetta gery het, het voorgegee om ‘n vriendin van Shabe se ma te wees. Nadat Shabe egter nie by die huis uitgekom het nie, is ‘n ontvoeringsaak op 21 Junie 2021 aanhanging gemaak.

Aanvanklik is daar eers ‘n losprys van R50 000 vir Shabe se loslating van familie geëïs deur persone wat te kenne gegee het dat hulle Nigeriërs is. Hulle het gedreig hulle sou die kind verkrag en vermoor indien hulle nie betaal word nie. Onderhandelinge het tot 24 Junie 2021 voortgeduur waarna die losprys tot R3 000 verminder is. Thakeng sê die familie kon glo nie die bedrag wat hulle beding het, betaal nie en onderhandelinge het doodgeloop.

Die polisie het Rapuleng tydens hul ondersoek op 24 Junie 2021 vasgetrek, wat gelei het tot die ontdekking van Shabe se lewelose liggaam in ‘n blou kombers in ‘n oop veld naby ‘n pad, tussen Riebeeckstad en Thabong.

Thakeng sê klagtes van moord, verkragting en afpersing is by die ontvoeringsklag gevoeg. Die ondersoek het voortgeduur, waarna Khitsane ook in hegtenis geneem is.

Beide die verdagtes is skuldig bevind en op 3 November 2023 gevonnis.

Rapuleng was op parool vir moord wat hy op Clarens gepleeg het en is in die Welkom-hooggeregshof agt jaar vir ontvoering, vyf jaar vir afpersing, lewenslank vir verkragting en lewenslank vir moord gevonnis.

Khitsane is in die Bloemfontein-hooggeregshof 15 jaar vir ontvoering, 5 jaar vir afpersing, lewenslank vir verkragting en lewenslank vir moord gevonnis.

Beide die beskuldigdes se name word in die nasionale register vir seksuele misdadigers aangeteken. Hulle sal nooit weer met kinders kan werk nie.

FiND iT het op 23 Junie 2021 soos volg berig:

‘n Agtjarige leerling, Bokamoso Shabe, van ‘n laerskool op Thabong naby Welkom is op die skoolgrond ontvoer. ‘n Losprys van R50 000 vir haar veilige terugbesorging geëis.

Die meisie is ‘n leerling aan Laerskool Mmantshebo.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die meisie is om 13:30 deur ‘n onbekende vrou op die skoolgrond ontvoer.

Bokamoso Shabe (8) se ouma het kort na die ontvoering ‘n oproep van ‘n man met die naam Aubrey gekry. Dié man het die ouma glo met Bokamoso se dood gedreig, sou hy nie R50 000 van die familie ontvang nie.

Bokamoso se ouma is Dinsdag met dieselfde ultimatum gekontak, dié keer deur ‘n vrou wat na haarself as Nthabeleng verwys.

Die ondersoek duur voort.

Bokamoso het ten tyde van haar ontvoering haar skooluniform aangehad.

Enigiemand met inligting oor haar verdwyning, kan adj.-off. Tshediso Qhamakoane by 083 375 6355 skakel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief