Brekende Nuus
Afrikaans

Drie kinders sterf toe ‘shack’ brand

Drie kinders het Maandagaand gesterf toe hul huis gebrand het.

Drie kinders sterf in brand
Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Drie kinders het Maandagaand omstreeks 23:00 gesterf toe hul plakkershut in die Richmond-plakkerskamp afgebrand het.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

‘n Ma en haar drie kinders was aan die slaap toe ‘n brand uitgebreek het. Die ma kon daarin slaag om met ‘n tweejarige seun te ontsnap.

Twee meisies, onderskeidelik vier en 10 jaar oud en ‘n seun wat ses jaar oud is, het tydens die brand gesterf.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Enigiiemand met inligting oor die voorval word versoek om speur.konst. Rodney Julies by 082 302 0371 te bel.

Bron: SAPD