Kyk: Altesaam 10 beseer toe ses voertuie bots

Lees ook :

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 10 persone, meestal kinders is vanoggend net na 7:30 in ‘n botsing tussen ses voertuie op die Durantapad na die opit op die M4 suidelike snelweg beseer.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms is chaos aangetref, aangesien twee van die ses voertuie, wat van agter in mekaar vasgery het, minibustaxi’s was. Een van die taxi’s het skoolkinders vervoer.

‘n Triage-sisteem is opgestel, waarna meer ambulanse met gevorderde lewensondersteunende paramedici vir hulp op die toneel aangekom het.

Altesaam 10 beseerdes, die meeste kinders tussen agt en 10 jaar, is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese hulp na verskeie Durban-hospitale vervoer is.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief