Brekende Nuus
Afrikaans

Man doodgeskiet, vrou gewond en beseer

'n Man is Woensdagaand doodgeskiet en sy vrou het ook skietwonde opgedoen, asook ook beserings van 'n vermeende aanranding.

Man doodgeskiet, vrou geskiet en beseer
Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Woensdagaand net na 07:30 tydens ‘n skietery in York-rylaan in die Bulwer-area van Berea in Durban dood. Sy vrou het ook verskeie skietwonde aan haar arms, sowel as beserings wat deur die kolf van ‘n vuurwapen toegedien is, opgedoen.

Garrith Jamiesoen van ALS Paramedics sê daar is op ‘n skietery reageer. Verskeie nooddienste was reeds op die toneel.

Die manspersoon wat geskiet is, is op die toneel dood verklaar.

Die vrou is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel gestablisiseer voordat sy vir verdere dringende behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is.

Omstandighede van die skietery word deur die polisie ondersoek.