Brekende Nuus
Afrikaans

Man en vrou se koeëldeurspekte liggame in voertuig gevind

'n Man en vrou, op wie daar met 'n hoë kaliber vuurwapen geskiet is, se liggame is in 'n bakkie gevind.

Man en vrou se koeëldeurspekte liggame in bakkie gevind
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van ‘n man en vrou wat met koeëlwonde deurspek was, is Maandagoggend vroeg in ‘n wit Ford Ranger-bakkie in Mzokhulayo, Ndwedwe, gevind.

Reaction Unit South Africa het verskeie oproepe oor skote wat afgevuur is, is ontvang.

Reaksiebeamptes is dadelik na die toneel en het omstreeks 00:09 op die liggame van ‘n man en vrou binne-in die bakkie afgekom. Beide die liggame en die voertuig is verskeie kere met ‘n hoëkalibervuurwapen geskiet.

Die motief vir die moorde is onbekend.

Bron: Reaction Unit South Africa