Lees ook: Amerikaanse toeris in Kaapstad geskiet
KAAPSTAD. – Die Amerikaanse toeris (55) wat in die gesig geskiet is na hy deur ‘n GPS na Nyanga gelei is, se suster het ’n GoFundMe begin sodat hy na Connecticut kan terugkeer.
Walter Fischel (55) is verlede Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Hy het aan eNCA gesê hy kuier nou by sy vriende en gaan nog in die land wees vir verdere mediese ondersoeke. Sy suster het ’n fondsinsameling begin om hom na Amerika te laat terugvlieg na sy kredietkaarte, paspoort en selfoon in die aanval gesteel is. Fischel se susterskind het gesê sy rekeninge is gevries en hy is werkloos, dus is hy nie self in die finansiële posisie om by die huis te kom nie.
Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: Briefly, The Citizen, TimesLIVE
Lees ook: Amerikaanse toeris in Kaapstad geskiet





