Lees ook: Britse dokter koelbloedig in Kaapstad geskiet
Die minister van toerisme, Patricia de Lille, en Google South Africa se direkteur, prof. Alistair Mokoena, het gister ’n ooreenkoms geteken om Suid-Afrika as ’n veilige toeristebestemming te bemark.
Dit volg na verskeie toeriste aangeval is na hulle deur informele nedersettings geneem is van die lughawens af. ’n Amerikaanse toeris is vroeër die maand beroof en in die gesig geskiet na hy in Nyanga gery het.
Dr. Kar Hao Teoh is in Augustus doodgeskiet toe hy, sy vrou en hulle kleuter (2) ’n verkeerde afdraai vanaf die Kaapstad Internasionale Lughawe geneem en by die Nyanga- informele nedersetting ingery het. Verskeie ander mense is al daar met klippe gegooi en beroof.
Mokoena het gister gesê Google werk saam met die stad en het misdaadbrandpunte geïdentifiseer, soos Nyanga en die kruising by die Kaapstad Internasionale Lughawe, wat nie meer deur Google Maps aanbeveel gaan word nie.
Daar gaan ook waarskuwingsborde wees om te verseker toeriste weet van die potensiële gevare.
Bronne: Daily Maverick, Cape Town ETC., VN Explorer





