Nyanga verwelkom Google Maps se besluit om roete te verwyder

Lees ook :

Nyanga verwelkom Google Maps besluit om roete te verwyder
Nyanga verwelkom Google Maps besluit om roete te verwyder fotokrediet: Canva

Lees ook: Google Maps gaan nie meer besoekers deur informele nedersettings stuur nie

KAAPSTAD. – Die Nyanga-gemeenskapspolisieforum het Google Maps se besluit om die Nyanga-roete van die toep te verwyder, verwelkom.

Die besluit om Nyanga van die toep te verwyder, volg na verskeie toeriste in die omgewing geskiet is na hulle deur Google Maps daarheen gelei is. Verskeie mense is ook beroof en met klippe gegooi.

Die sekretaris-generaal van die Nyanga-gemeenskapspolisieforum het gesê Google Maps se besluit gaan hulle baie help om die misdaadsyfer te verminder.  Hy het ook gesê dit is vir inwoners sleg om te hoor wat met die slagoffers gebeur en hulle moet bly in die informele nedersetting waaraan so ‘n stigma verbind is.

Hy het ook gesê owerhede moet met Facebook in gesprek tree, want advertensies op Facebook Marketplace veroorsaak dat mense beroof word. Hy het gesê alle advertensies vir Nyanga en Philippi moet van Facebook verwyder word.

Bronne: IOL, News2, Cape Town ETC

Lees ook: Google Maps gaan nie meer besoekers deur informele nedersettings stuur nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief