Misdaadstatistiek wys minstens 75 mense word daagliks in SA vermoor

Lees ook :

Misdaadstatistiek wys minstens 75 mense word daagliks in SA vermoor
Misdaadstatistiek wys minstens 75 mense word daagliks in SA vermoor fotokrediet: Canva

Lees ook: Altesaam 65 ‘aanhitsers’ van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla

Bheki Cele, die minister van polisie, het Vrydag die land se misdaadstatistiek bekend gemaak. Cele het gesê daar was ’n daling in die aantal moorde in die land, alhoewel 6 945 mense tussen Julie en September vanjaar vermoor is.

Sowat 881 vrouens en 293 kinders is tydens Julie en September vermoor, terwyl 35 polisiebeamptes en 19 ander beamptes in dieselfde tydperk vermoor is. Die meerderheid van die moorde is veroorsaak deur argumente, padwoede, skare-aanvalle, uitlokking en vigilante optrede.

Saftu het gesê minstens 75 mense word daagliks vermoor. Saftu het ook gesê die verkragtingstatistiek beloop 10 516 gevalle en algehele seksuele misdrywe 13 090 vir dieselfde tydperk. Verskeie partye het hulle kommer oor die statistiek uitgespreek.

Bronne: IOL, SA People, BusinessTech

Lees ook: Altesaam 65 ‘aanhitsers’ van Julie 2021-onrus van terrorisme aangekla

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief