Agtjarige verdrink toe hy in rivier swem

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

CANELANDS, KZN. – ‘Siyamthanda Mkhize (8), ‘n gr. 3 leerder van Laerskool Umdloti in Barrs Flats, het Maandag verdrink terwyl hy in die Mdlotirivier geswem het.

Reaction Unit South Africa sê die seun was saam met drie vriende toe hy die rivier in is om alleen te swem.

Sy vriende het opgemerk hy gaan dieper die water in en is in die moeilikheid. Twee van sy vriende het hulp by ‘n nabygeleë myn gaan ontbied. Die derde vriend het na Mkhize se ouerhuis gegaan om hulle in te lig.

‘n Werker het Mkhize se liggaam uit die water gehaal, waarna Reaction Unit South Africa vir hulp gekontak is. Paramedici het die seun ondersoek, maar hy is dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief