DAWNCREST, KZN. – ‘n Bejaarde man (80) en sy vrou (73) is Maandag deur hul pitbull-honde aangeval.
Reaction Unit South Africa sê oproepe vir hulp is omstreeks 13:34 ontvang.
Na bewering was die honde in ‘n geveg met ape op die erf toe die bejaarde egpaar glo tussenbeide getree en die honde toe hul eienaars aangeval het.
Die bejaarde egpaar het bytwonde aan hul bene opgedoen en is eers op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: