Lees ook: Myners steeds vasgekeer in Indië
INDIЁ. – ’n Kamera wat deur die nuwe pypleiding gestuur is, het die 41 werkers wat in ’n tonnel in Indië vasgekeer is vir die eerste keer in dae gewys.
In die video vra ’n man die werkers om na die kamera te kom en om te glimlag en te waai. Hy het hulle ook gevra om hulself te identifiseer en het gesê hulle sal binnekort gered word.
Redders gebruik glo tweerigtingradio’s (walkie-talkies) om met die vasgekeerde werkers te kommunikeer. Die pypleiding word gebruik om kos, water, medisyne en suurstof na hulle te stuur.
Die mans is op 12 November in die tonnel vasgekeer na ’n grondverskuiwing dit laat ingee het.
Bronne: BBC, Evening Standard, Al Jazeera
Lees ook: Myners steeds vasgekeer in Indië





