Lees ook: Hof beveel Nzimande om besluit oor Unisa-administrasie om te keer
PRETORIA. – Unisa het dit verwelkom dat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, besluit het om Unisa nie meer onder administrasie te plaas nie.
Unisa het gesê Nzimande se besluit wys daar is nog respek vir die howe.
Nzimande het sy besluit om Irhon Rensburg as administrateur van Unisa aan te stel Vrydag onttrek na die Pretoria-hooggeregshof hom beveel het om dit te doen.
Daar was reeds ’n interdik deur die hof aan Unisa uitgereik om Nzimande te keer om ’n administrateur aan te stel voor hy aanvanklik met sy besluit voortgegaan het.
Nzimande was daarvan beskuldig dat hy nie die howe respekteer het nie.
Bronne: EWN, Polity, TimesLIVE
Lees ook: Hof beveel Nzimande om besluit oor Unisa-administrasie om te keer





