Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkopery, dreig met regsaksie

Lees ook :

Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkopery, dreig met regsaksie
Minister ontken bewerings van R500 miljoen omkopery, dreig met regsaksie fotokrediet: Canva

Lees ook: Mthunzi Mdwaba staan by sy aantygings oor R500 miljoen-omkoopskandaal

Die minister van arbeid, Thulas Nxesi, het ’n hofaansoek gedoen om ’n R5 miljard UIF-werkskeppingsprojek opsy te sit.

Nxesi, twee ander ministers en ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula is daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld van R500 miljoen by sakeman Mthunzi Mdwaba in ruil vir ‘n kontrak wou hê.

Mdwaba het Nxesi, hoëronderwysminister dr. Blade Nzimande,  finansminister Enoch Godongwana en ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld by hom wou hê. Al drie ministers en Mblalula het die aantygings ontken.

Nxesi het gister gesê Mzie Yawa het in Januarie 2023 vir Mdwaba gesê die ooreenkoms is onwettig, want dit moes eers deur die ministers van arbeid en finansies goedgekeur word. Nxesi het gesê hulle het die projek en betalings aan Mdwaba gestop. Hy het gesê Mdwaba is bitter en wil hulle beeld ruïneer.

Volgens Nxesi het hy gister die affidavit geteken en ’n hofaansoek gedoen om die projek opsy te sit. Hy het gesê Mdwaba sal sy aantygings in die hof moet bewys.

Bronne: IOL, ECR, EWN

Lees ook: Mthunzi Mdwaba staan by sy aantygings oor R500 miljoen-omkoopskandaal

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief