James Blunt binnekort in Suid-Afrika

Lees ook :

James Blunt Foto: Fanbase Music

SUID-AFRIKA.- Die veelvuldige bekroonde en Grammy-benoemde sanger, James Blunt, bring binnekort sy Who we used to be-toer na Suid-Afrika.

Sy eerste optrede sal op Donderdag 12 September 2024 by die Grand-arena, Grand West in Kaapstad plaasvind. Saterdag 14 September 2024 sal hy by die SunBet-arena, Time Square in Pretoria te sien wees.

Kaartjiepryse vir Kaapstad wissel tussen R855 en R3 085. Kaartjies vir die Pretoria-vertoning wissel tussen R855 en R2 845. Die publiek word gewaarsku dat slegs 20 kaartjies per persoon en kredietkaart gekoop mag word.

Kaartjies kan aanlyn by ticketmaster gekoop word. Geen kinders onder die ouderdom van drie sal toegelaat word nie.

Die konsert vind met die samewerking van Big Concerts, 947 en KFM 94.5 plaas.

Bronne: Big Concerts, Ticketmaster, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief