Vermiste tienermeisie se liggaam met steekwond gevind

'n Tiernermeisie wat sedert Saterdagmiddag vermis is, is Maandagoggend dood gevind.

Foto: SAPD

BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – Machaka Radebe (16) wat Saterdag vermis geraak het, se liggaam is Maandag in die vroeë oggendure deur ‘n verbyganger naby Phase 9 gevind.

Brig. Motantsi Makhele sê die polisie het omstreeks 02:00 ‘n oproep ontvang oor ‘n liggaam van ‘n vrou wat in ‘n veld gevind is. Met aankoms op die toneel is die meisie met ‘n steekwond in har rug aangetref. Sy is dood verklaar.

Na bewering was haar broer die laaste persoon wat haar gesien het. Broer en suster het die middag in hul huis in Thakalekwalastraat in Rocklands gaan slaap. Toe hy omstreeks 12:45 wakker word, was sy suster nêrens te vinde nie. Hy het haar selfoon gebel. ‘n Onbekende man het geantwoord. Hy het kontant geëis en gedreig dat sy sou sterf as nie aan die eis voldoen word nie.

Die polisie soek nog na die onbekende verdagtes en versoek enigiemand met inligting om kol. Bolsiek by 082 466 8530 te bel.

Hoërskool Brebner het die volgende op sosiale media gedeel:

It is with immense sadness that we learned of the senseless passing of Machaka Radebe. The Brebner Family extends our deepest condolences and support to Machaka’s family. We ask that our school community support the family during this incredibly difficult time, but also respect their privacy in dealing with her loss. We will communicate any further arrangements at a later time. BHS regards

Bronne: SAPD en Hoërskool Brebner

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nege ANC-lede sterf in busongeluk

Soek jy oulike bykomstighede vir jou bril?

Joe Biden se hond het geheime agente minstens 24 keer gebyt

Polisieman in hegtenis vir moord op vermiste paar

Wapenhanteerder op filmstel was ‘agtelosig’ – staatsaanklaers

Polisie vra vir hulp om man (72) te vind

Lotto uitslae vir 24 Februarie 2024

Wêreld se grootste slangspesie in Amasone gevind

[psac_post_carousel slide_show="3" category="2888"]