KIMBERLEY. – Die SAPD-bestuur in die Noord-Kaap het ’n onlangse vonnis wat aan ’n kinderverkragter (19) in die Kimberley-landdroshof opgelê is, verwelkom.
Die driejarige slagoffer is op 29 September 2021 deur sy ma by die beskuldigde in Colville, Kimberley gelos. Na bewering het die verdagte die seuntjie in die afwesigheid van sy ma verkrag.
Na die insident het die slagoffer vir sy ma van die gebeure vertel. Sy het die voorval by die polisie aangemeld. Kort daarna is die beskuldigde in hegtenis geneem en borg is suksesvol teengestaan.
Die verdagte is op 7 Desember 2023 tot agt jaar vir verkragting en tot ’n verdere twee jaar vir ’n aanklag in verband met kinderpornografie, gevonnis.
Bronne: SAPD, Twitter





