Stiefoupa bly in aanhouding na beweerde verkragting

Lees ook :

Stiefoupa bly in aanhouding na beweerde verkragting. Foto ter illustrasie: Canva

NELSPRUIT, MPUMALANGA. – ’n Man (56) bly in aanhouding nadat hy Woensdag in die Bushbuckridge-landdroshof op ‘n aanklag van die beweerde verkragting van sy stiefkleindogter verskyn het.

Die verdagte is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy die slagoffer glo Maandagaand verkrag het.

Na bewering het die slagoffer se ma gesien hoe haar dogter halfnaak uit die stiefoupa se kamer gekom het. Die slagoffer het haar ma van die gebeure vertel, waarna die ma ’n saak by die Bushbuckridge-polisiekantoor aanhangig gaan maak het.

As deel van die voorlopige ondersoek is die slagoffer na ’n mediese fasiliteit geneem.

Die verdagte bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 9 Januarie 2024. Na verwagting behoort hy dan regsverteenwoordiging te hê.

Lt. genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van die SAPD, het die voorval ten sterkste veroordeel, veral aangesien die beweerde misdaad deur iemand naby aan die slagoffer gepleeg is.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief