Twee vroue kritiek na motor onder koeëlreën deurloop

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics en Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Twee vroue, vermoedelik ‘n ma en haar dogter, is kritiek beseer toe daar net na 10:00 op die Inandapad in Springfieldpark op hul voertuig geskiet is.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle het saam met Netcare 911 op die toneel aangekom.

Die BMW X5-sportnutsvoertuig, wat in die middel van die pad was, was met koeëlgate deurspek.

Beide die vroue het verskeie skietwonde aan hul liggame gehad.

Gevorderde lewensondersteunende paramedici het die vroue gestabiliseer en op handventilators geplaas voordat hulle vir verdere mediese behandeling na nabygeleë Durban-hospitale vervoer is.

Omstandighede van die skietvoorval word deur die polisie ondersoek.

Reaction Unit South Africa is omstreeks 10:36 deur ‘n verbyganger gebel. Met aankoms op die toneel het hulle verskeie privaat ambulanse aangetref.

Volgens reaksiebeamptes is daar vasgestel insittendes van ‘n wit bakkie, waarvan die fabrikaat en registrasienommer onbekend is, het op die wit BMW met twee vroue geskiet. Hulle sê ongeveer 30 leë 9mm-doppe is op die toneel gekry.

Bronne: ALS Paramedics en Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief