Kanadese se vakansie-nagmerrie in Suid-Afrika

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Kanadese gesin van vyf het hulle vakansie summier kortgeknip nadat hulle Saterdag omstreeks 20:30 ‘n tipiese misdaad-nagmerrie in Mbombela (Nelspruit) beleef het. Die gesin is glo deur “vals polisiemanne” in uniform beroof. Daar is ook glo met die gesin rondgery en hulle is aangerand.

Volgens kol. Donald Mdhluli het die gesin in ‘n Toyota Fortuner gery toe vier gewapende verdagtes hulle na bewering langs die hooggeregshof langs die N4-hoofweg onder dwang voorgekeer het. Hy sê die verdagtes het in ‘n Ford Ranger-bakkie met blou ligte gery en het die ligte geflikker. Die gesin is glo van persoonlike besittings beroof terwyl hulle met wapens gedreig is.

Mdhluli sê die slagoffers is hierna na ‘n OTM geneem waar die verdagtes toegang tot die geheime kodes van die slagoffers se rekeninge verkry het. Vervolgens is ‘n onbekende bedrag kontant glo uit die slagoffers se bankrekeninge by verskeie OTM’s onttrek.

“Items wat van die slagoffers gesteel is, sluit selfone, juwele, kontant en bankkaarte in, waarna die slagoffers in die Masoyi-polisiëringsarea buite Nelspruit gelos is.”

Enigiemand met inligting om die verdagtes vas te trek, word versoek om speur.kol. Thami Mkhaliphi by 082 469 2431 te bel.

Volgens IOL se beriggewing het die gesin op 28 Desember 2023 in Suid-Afrika aangekom, maar het direk na die misdaad vertrek en nie eers op 9 Januarie soos beplan was nie.

Bronne: SAPD en IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief