DURBAN, KZN. – ALS Paramedici is Woensdagmiddag na ’n ongelukstoneel in die Edwin Swales-area naby Toyota ontbied.
Met hulle aankoms op die toneel is ’n voertuig en trok aangetref wat gebots het. Een persoon het ernstige beserings opgedoen en het dadelik lewensreddende mediese behandeling ontvang. Die man is gestabiliseer en na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.
Terwyl paramedici nog op die ongelukstoneel besig was, is hulle na ’n ander ongelukstoneel by die M7-Waksleighweg-kruising ontbied. Vier beseerdes moes op die toneel gestabiliseer word. Hulle is na verskeie hospitale geneem.
Die SAPD was op albei tonele teenwoordig en sal die sake verder ondersoek.
Bronne: ALS Paramedics Medical Services , Facebook





