Man se liggaam in sloot langs R30 gekry

Lees ook :

Man se liggaam in sloot gekry. Foto ter illustrasie: Canva

NOORDWES. – Die Koster-polisie vra die gemeenskap se hulp met die uitken van ’n liggaam van ’n onbekende blanke man tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar oud.

Die liggaam is op Saterdag 30 Desember 2023 in ’n sloot langs die R30 (Rustenburg/Ventersdorp) tussen Oakland en die Raakvat-plase gevind.

Hy was kaalvoet en beide sy hande en voete was met kabels vasgebind. Verder was sy mond en neus met plastiek bedek. Die oorledene het ’n wit T-hemp en blou kortbroek aangehad.

Enigiemand met inligting kan speursersant Olebogeng Morolodi by 076 510 9112 kontak. Inligting kan via die SAPD se misdaadsvoorkomingsnommer, 08600 10111 gekommunikeer word.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief