Lees ook: Cholera-uitbraak in Zimbabwe maak Suid-Afrika bekommerd
LIMPOPO. – Twee gevalle van cholera is in Limpopo aangemeld. Die persone is van Zimbabwe en het onlangs in Suid-Afrika aangekom.
Hulle was in Zimbabwe vir die feestyd en is onderskeidelik in die Musina- en Hellen Franz-hospitale opgeneem.
Daar is tans ’n cholera-uitbraak in Zimbabwe met 2 037 gevalle wat aangemeld is en 68 persone wat oorlede is.
Mense word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die simptome van cholera, wat diarree, naarheid en dehidrasie insluit.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, The Africa
Lees ook: Cholera-uitbraak in Zimbabwe maak Suid-Afrika bekommerd





