Lees ook: Dodetal in Gaza styg tot meer as 24 000
KWAZULU-NATAL. – Die polisie het aangekondig 10 622 verdagtes is vir verskeie misdrywe in KwaZulu-Natal in Desember 2023 in hegtenis geneem. 214 van die 10 000 verdagtes is vir moord aangekeer.
Die polisie in KwaZulu-Natal het gesê die inhegtenisnemings is te danke aan samewerking tussen die gemeenskap en die polisie.
Hulle het gesê hulle sal voortgaan met die pogings om ontslae te raak van misdadigers met die doel om vrede en stabiliteit in die gemeenskap te bewerkstellig.
Bronne: SAPD
Lees ook: Dodetal in Gaza styg tot meer as 24 000





