Twee bejaardes (85) tydens ‘kleinhoewe-aanval’ beseer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde man en vrou, beide 85 jaar oud, is glo op 6 Januarie op ‘n kleinhoewe op die Elandsrivier-pad in Rocklands oorval en aangerand.

Volgens kol. Priscilla Naidu het die hond buite geblaf, waarop die man na buite is om ondersoek in te stel, waar hy deur ‘n verdagte met ‘n knopkierie geslaan en hy geval het.

Die verdagte is toe glo na binne. Hy het die vrou na die hoofslaapkamer gevat en dit geplunder. Die vrou het beserings aan haar arms opgedoen soos wat hy haar hardhandig hanteer het.

Die man het glo die huis binnegegaan en die verdagte met ‘n pyp probeer slaan. Hy is oorweldig en erg op sy kop, hande en arms geslaan.

Dit is onbekend of die verdagte enigiets gesteel het toe hy te voet van die toneel gevlug het.

Naidu sê die bejaarde paar is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem, waar die man vir erge beserings opgeneem is.

Enigiemand wat inligting oor die aanval het, of bloed aan klere of ‘n knopkierie sien, word aangemoedig om speur.lt.kol. Rio Kriel by 082 442 1303 te bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief