TUINROETE. – ‘n Kleinhoewe-eienaar en sy vrou (beide 63) saam met sy bejaarde ma en nog ‘n persoon in die 80, is Dinsdag 16 Januarie omstreeks 01:30 tydens ‘n beweerde huisroof op ‘n kleinhoewe op Pacaltsdorp oorval en ernstig aangerand.
Volgens sers. Christopher Spies word ‘n saak van huisroof deur die polisie ondersoek.
Na bewering het vier verdagtes die slagoffers oorval en aangerand, waarna daar met hulle persoonlike besittings in ‘n Volkswagen Amarok, wat aan een van die slagoffers behoort, gevlug het. Die voertuig is later verlate in Bobstraat in Thembalethu opgespoor.
Spies sê voorlopige ondersoek dui aan ‘n onbekende bedrag kontant, ‘n handsak en nog persoonlike besittings is gebuit.
Werkers op die kleinhoewe het die beseerde slagoffers die oggend ontdek en owerhede gebel. Die eienaar, sy vrou en bejaarde ma is met ernstige beserings vir mediese hulp in ‘n hospitaal opgeneem.
Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om AO William van Schalkwyk by 079 894 1589 te bel.
Luidens beriggewing in die George Herald het die aanval op Hansmoeskraal gebeur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





