Bloemhof-boer tronk toe na saadbedrogsaak

Lees ook :

Bloemhof-boer skuldig na saadbedrogsaak. Foto ter illustrasie: Canva

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Jacobus Oosthuizen (52) is Maandag in Bloemhof se kommersiële misdaadhof gevangenisstraf van ses jaar vir bedrogaanklagte opgelê. Vier jaar is vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort mits hy nie weer aan bedrog gedurende die tydperk skuldig bevind word nie.

Die vonnisoplegging volg nadat die boer, wat ook die direkteur van ’n maatskappy op Bloemhof was, tussen 2019 en 2020 saad by ’n ander maatskappy gekoop het om aan boere te versprei. Daar is ‘n ooreenkoms aangegaan dat die eerste betalings na die eerste oesopbrengste gemaak sal word. Geen betalings is egter gelewer nie en ’n saak is teen Oosthuizen gemaak.

Oosthuizen is in 2021 in hegtenis geneem en in 2023 skuldig op drie aanklagte van bedrog ter waarde van R194 400 bevind.

Lt. Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en die ondersoekspan gelukgewens. Oosthuizen is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief