Verdagtes bly in aanhouding vir ‘moord’ op onderwyskringbestuurder

Lees ook :

Verdagtes bly in aanhouding vir 'moord' op onderwysdepartementbestuurder
Verdagtes bly in aanhouding vir 'moord' op onderwysdepartementbestuurder fotokrediet: Canva

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir ‘moord’ op werknemer van onderwysdepartement

MANKWENG. – Die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die “moord” op onderwyskringbestuurder, dr. Malekutu Johannes Mehlape (56), sal in aanhouding bly.

Die verdagtes het gister in die Mankweng-landdroshof verskyn. Mehlape is in Desember 2023 in sy huis doodgeskiet.

Een van die verdagtes, ’n skoolhoof, is sy skoonsuster Mahlodi Melida Mathole (42). Die verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

Die saak is tot 1 Februarie uitgestel vir formele borgaansoeke en verdere polisie-ondersoeke.

Bronne: SAPD

Lees ook: Ondersoeker in Meyiwa-saak word van omkopery beskuldig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief