Skool se finansiële klerk in hof vir beweerde bedrog

Lees ook :

Foto ter illustrasie: Canva

NOORDWES. – Kebafilwe Sylvia Mokgosi, ’n finansiële klerk by Ramatu Hoërskool, het Vrydag 21 Augustus 2026 in die Lehurutshe-landdroshof op 10 aanklagte van bedrog verskyn.

Volgens lt. kol. Tinyiko Mathebula, polisiewoordvoerder, volg die arrestasie op ’n ondersoek na bewerings dat sy na raming meer as R244 000 by Ramatu Hoërskool op Lehurutshe wederregtelik toegeëien het.

Luidens ’n polisieverklaring is Mokgosi dieselfde dag as haar hofverskyning deur lede van die Valke op Mmabatho in hegtenis geneem.

Sy het glo tussen 2023 en 2024 die fondse van die skool se bankrekeninge na haar eie bankrekening oorgeplaas.

Borg van R1 000 is toegestaan. Die saak is na 28 September 2026 uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief