Twee in hegtenis na moord op bokser Zolani Tete

Lees ook :

Foto: Queensberry Promotions

ZWELITSHA. – Die polisie het twee mans in verband met die moord op die bekende bokser, Zolani Tete, in hegtenis geneem. Tete is op 21 Augustus 2026 by NU17, Mdantsane, doodgeskiet.

Volgens brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, is die twee verdagtes, 30 en 22 jaar oud, op Saterdag 22 Augustus 2026 in Ku Gompo aangekeer. “Dit het gebeur ná ’n vinnige polisie-operasie waarby verskeie eenhede betrokke was. Hulle word tans oor die moord en ook oor die aanval op ’n 27-jarige vrou wat saam met Tete beseer is, ondervra.

Luidens ’n verklaring deur die SAPD kan hulle kan nog nie meer besonderhede oor die motief of die arrestasies bekendmaak nie, omdat die ondersoek sensitief is. “Meer arrestasies word binnekort verwag.”

Verder is die publiek en die media gevra om nie te spekuleer nie, want dit kan die ondersoek en die hofsaak skaad.

Die SAPD het die ondersoekspan vir hul vinnige werk bedank, en vra enigeen met inligting om dit te deel by Crime Stop, 08600 10111. Alle inligting word vertroulik hanteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief