Borgaansoek uitgestel vir verdagte in moord op Hesty-Ann Green

Lees ook :

Hesty-Ann Green en Shupren Ouers Foto's: Facebook

NOORD-KAAP. – Shupren Ouers het gister op aanklag van moord en poging tot verkragting in die Calvinia-landdroshof verskyn. Sy borgaansoek is tot 12 Februarie uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Ouers word daarvan verdink dat hy Hesty-Ann Green op Oujaarsdag op Brandvlei naby ’n sportterrein vermoor het, waar sy ’n danspartytjie bygewoon het. Green se naakte liggaam is die Sondagoggend onder stukke plafon en klippe gevind.

Nikolas Swartz, Hesty-Ann Green se oom, het vroeër aan FiND iT vertel die linkerkant van Green se gesig was vergruis. Volgens hom was sy en Ouers glo verlangs neef en niggie.

Ouers het verlede week 20 jaar oud in aanhouding geword, terwyl daar ’n rugbybyeenkoms ter nagedagtenis van Green op Brandvlei gehou is.

Bronne: Isaac Cloete Facebook-blad, Nikolas Swartz

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief