Verdagte ‘met onwettige diamante’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Verdagte man (39) is Saterdag op Heidedal vasgetrek met vyf ongeslypte diamante glo in sy besit wat hy probeer verkoop het.

Volgens lt.kol. Thabo Covane het Bloemfontein-OOP-lede inligting van die diamante wat te koop aangebied is ontvang en is inderhaas na ‘n winkelsentrum in Heatherdalestraat. Die man wat na bewering probeer het om die ongeslypte diamante te verkoop het vyf stene by hom gehad. Drie van die stene was glo eg en twee nagemaak.

Aangesien die verdagte nie ‘n lisensie gehad het om met diamante handel te dryf nie is hy onmiddellik in hegtenis geneem.

Heidedal-polisie ondersoek ‘n saak van die beweerde besit van onwettige diamante. Die verdagte sou volgens Covane in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief