VRYSTAAT. – Parkweg-polisiestasie vra hulp van die publiek nadat ‘n uitgebrande liggaam Sondag in ‘n gebrande voertuig by Rooidam in Bloemfontein ontdek is.
Lt.kol. Thabo Covane sê polisielede het op ‘n klagte van ‘n wit uitgebrande Volkswagen Golf 1 by die dam naby Lourierpark reageer. Die ruite was gebreek en binne-in was ‘n liggaam wat onherkenbaar verbrand was.
Voorlopige ondersoek het op ‘n kaping by Kagisanong-polisiestasie gedui. ‘n Man (26) van Freedom Square is na bewering deur twee verdagtes in Taelo Molosioastraat vir ‘n geleentheid gestop. Een van die verdagtes het glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en die voertuig gekaap.
Die kapingslagoffer het die een verdagte as lig van gelaat met ‘n baard en verder skoongeskeer en die ander as donker van gelaat met ‘n baard en mollig beskryf.
Parkweg-polisiestasie ondersoek die moordsaak en vra die publiek se hulp daarmee.
Enigiemand met inligting oor die kaping- en moordsaak word gevra om sers. Thapelo Teleko by 082 468 1624 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





