Lees ook: Aanklagtes teen Alec Baldwin laat vaar
SANTE FE, MEXICO. – Die akteur, Alec Baldwin, het onskuldig gepleit op aanklagte van onwillekeurige manslag na die skietery op die filmstelvan Rust in 2021.
Baldwin sou gister virtueel in ’n New Mexico-hof verskyn het, maar het sy reg om die klagtes in die hof te hoor laat vaar.
Hy is weer aangekla van onwillekeurige manslag na die dood van kinematograaf Halyna Hutchins op die stel van Rust. Baldwin is voorheen aangekla, maar die aanklagtes teen hom is laat vaar.
As Baldwin skuldig bevind word, kan hy 18 maande tronkstraf en ’n boete van $5 000 boete opgelê word.
Bronne: The Associated Press, Citizen Digital, Euronews
Lees ook: Aanklagtes teen Alec Baldwin laat vaar





