GLASGOW. – Die swemmer Pieter Coetzé het Saterdagaand ‘n skitterende vertoning by die 2026 Statebondspele in Glasgow gelewer.
Met hierdie vertoning het hy weer eens gewys waarom hy ‘n wêreldklas-atleet is. Coetzé het die Statebondrekord in die 50 m-rugslag verbeter. Hy het die eindronde in ‘n tyd van 24,18 sekondes gewen en sodoende die goue medalje ingepalm. Luidens verslae het hy sy eie rekord drie keer gedurende die kompetisie verbeter.
Sy tyd in die finaal was slegs 0.01 sekondes stadiger as sy eie Afrika-rekord (24.17) wat hy in 2025 by die Wêreldkampioenskappe in Singapoer opgestel het.
Ruard van Renen het die bronsmedalje ingepalm met ‘n tyd van 24.51 sekondes. Die silwer het gegaan aan Oliver Morgan van Engeland (24.48).
Pieter het ná die tyd gesê dit was vir hom ‘n groot eer om saam met ‘n spanmaat op die podium te staan en die nasionale volkslied te sing.
Bronne: Olympics.com | Just Plain Sport





