Lees ook: Staat sluit hul saak af in Meyiwa-verhoor binne ‘n verhoor
INDIЁ. – ‘n Indiese aktrise het Vrydag haar dood aan servikale kanker op haar amptelike Instagram-rekening aangekondig.
Poonam Pandey (32) se verklaring het gesê sy het “teen die siekte geveg” en is oorlede. Verskeie mediahuise het die nuus oor haar dood geplaas en medelye het ingestroom.
Sy het Saterdag in ‘n opvolg ‘n video geplaas om te sê sy lewe nog en die aankondiging was om mense van servikale kanker bewus te maak.
Pandey het in die video gesê: “Nou praat ons almal skielik oor servikale kanker, nè?” en dat sy “trots” is oor wat die nuus van haar dood “kon bereik”.
Bronne: BBC, The Economic Times, Sky News
Lees ook: Staat sluit hul saak af in Meyiwa-verhoor binne ‘n verhoor





