Beseerde boer loop 2 km vir hulp na aanval op plaas

Lees ook :

Foto: Johan le Roux Facebook-blad

MPUMALANGA. – Johan le Roux, ‘n boer van Witrivier, is Sondagmiddag op sy plaas, naby die Kruger-Mpumalanga- internasionale lughawe, aangeval.

Kol. Donald Mdhluli bevestig aan Nuusflits die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.

Mdhluli sê na bewering het drie gewapende verdagtes die slagoffer aangeval en hom geskiet, waartydens hy beseer is. Die verdagtes het met onder meer selfone en vuurwapens in die slagoffer se silwerkleurige Ford Ranger-bakkie van die toneel gevlug.

Volgens Mdhluli is die voertuig later teruggevind.

Le Roux is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Nog niemand is deur die polisie in hegtenis geneem nie en Mdhluli versoek die gemeenskap met inligting van die aanval om na vore te kom. Hy verseker alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Volgens Caxton Network News se beriggewing is Le Roux waar hy gras gesny het deur vier verdagtes oorval, geskiet, sy huis ingesleep, vasgebind en “vir dood agtergelaat”. Hy kon daarin slaag om homself met ‘n gebreekte regterarm te bevry en het vir 2 km gestap om hulp te kry. Volgens die berig was Le Roux getraumatiseer, maar stabiel waar hy in Nelspruit Mediclinic opgeneem was.

Bronne: SAPD, Caxton Network News

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief