Radio-omroeper laat roman die lig sien

Lees ook :

Radio-omroeper skryf 'n roman. Foto's: Riaan Grobler Facebook-blad

SUID-AFRIKA. – Riaan Grobler, radio-omroeper by Pretoria FM se debuutroman, Geheime op Philadelphia, is onlangs deur LUCA, ‘n onderafdeling van Lapa-Uitgewers en Penguin Random House SA gepubliseer.

Grobler het op sy Facebook-blad ’n sinopsis van die roman gegee. “Geheime op Philadelphia vat jou op reis na die klein Wes-Kaapse dorpie Philadelphia waar Reghardt du Toit eens een van Suid-Afrika se gewildste sangers, die afgelope 16 jaar woon. Op die klein dorpie besit hy ’n boetiekrestaurant waar die liewe San Drommedaris vir hom werk. Sy en tant Gerda, Reghardt se buurvrou, is die dorp se riemtelegram. Charlotte de Ru is die dominee op die dorp se enigste dogter en het al jare haar mes vir Reghardt in. Nuwe intrekkers op Philadelphia bring nuwe lewe en geheime in die dorpie in.”

Die roman is tans in toonaangewende boekwinkels en aanlyn by Graffiti Books beskikbaar.

Riaan se mengelmoestreffers – kan tussen 15:00 en 16:00 op Pretoria FM gehoor word.

Bronne: Lapa-Uitgewers, Riaan Grobler Facebook-bladsy.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief