SUID-AFRIKA. – Rolene Strauss het Vrydag die swangerskapsimptome wat sy tans ervaar op haar Facebook-profiel gedeel. Sy is 25 weke swanger met haar en D’Niel Strauss se derde seuntjie.
Volgens haar inskrywing is haar gunstelingdeel van swanger wees die beweging van die baba. Sy sê sy mis daardie gevoel wanneer sy nie swanger is nie.
Verder beleef sy haar naeltjie druk al hoe meer uit, ’n jeukerige maag, meer slaap en haar voete swel. Sy ervaar ook dat sy meer “nesskrop” en wil glo alles “perfek” hê.
Tuna is deel van haar ontbyt, middagete en aandete, het sy gedeel. Strauss het tong in die kies gesê haar emosionele beheerbord is “oorgeneem”. Sy wou by lesers weet watter simptome hulle tydens hulle swangerskap ervaar.
Bron: Rolene Strauss Facebook-profiel





