Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou gevonnis wat R.9 m. by mynmaatskappy steel

Na veelvuldige hofverskynings is sy skuldig bevind en is die 15 jaar vonnis opgelê.

Sy het R9 m. by Sitona Mining gesteel. Foto ter illustrasie: Canva
Sy het R9 m. by Sitona Mining gesteel. Foto ter illustrasie: Canva

NOORDWES. – Dina Dorothea Botes (42) is Vrydag in die Rustenburg-landdroshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Sy is op 126 aanklagte van diefstal skuldig bevind.

Botes is op 13 Junie 2022 in hegtenis geneem na bewerings van nagenoeg R.9 m. wat sy tussen 2014 en 2019 by haar voormalige werkgewer, Sitona Mining, gesteel het. Sy het die geld na twee van haar persoonlike bankrekenings oorbetaal. Na haar inhegtenisname is sy op borg van R30 000 vrygelaat.

Na veelvuldige hofverskynings is sy skuldig bevind en 15 jaar vonnis opgelê.

Alicia Gwynathon Cullingham (34) is in 2022 saam met Botes in hegtenis geneem vir haar beweerde betrokkenheid by die misdaad. Sy was ook by die mynmaatskappy werksaam en is destyds op borg van R15 000 vrygelaat.

Maj.genl. Patrick Mbotho, Noordwes se hoof van die Valke-eenheid, het die aanklaers en ondersoekeenheid met hulle uitstekende werk gelukgewens.

Bronne: SAPD, IOL, Twitter