Kleuter saam met pa se ontbinde liggaam in huis toegesluit na ‘selfdood’

Lees ook :

Driejarige toegesluit saam met pa se ontbindende liggaam. Foto: Polokwane Weekly

GA-MARISHANE, LIMPOPO. – ’n Kleuter (3) is Dinsdag 13 Februarie 2024 in ’n toegesluite huis saam met die ontbinde liggaam van haar pa (38) wat vanuit die dak gehang het, gevind.

Bure het owerhede na die huis in die Sekhukhune-distrik ontbied vanweë ’n slegte reuk vanuit die huis.

Die polisie het die deur van die huis gesluit gevind. Hulle het die deur oopgedwing en die liggaam van ’n man in ’n gevorderde stadium van ontbinding met ’n tou om sy nek van die plafon sien hang.

Die driejarige kleuter het haar met die oopmaak van die deur na die polisie gehaas. Sy is na ’n nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling geneem. Daar was glo bloedvlekke op haar klere.

Die volgende dag is die liggaam van ’n vrou in ’n vlak graf by die huis ontdek. Volgens die pa se broer is die ma van die kind in Desember laas gesien.

’n Selfdoodnota is in die huis gevind. ’n Saak van moord word ondersoek.

Bronne: Polokwane Weekly, Tzaneen Voice

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief