Kakamas-skool kry nuwe gelukbringer

Lees ook :

Martie Oostuizen is HMO se nuwe gelukbringer. Foto: HMO

KAKAMAS, NOORD-KAAP. – Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas het Donderdag 15 Februarie ’n nuwe gelukbringer gekry. Martie Oosthuizen, ’n witkop-dorperooitjie afkomstig van Pofadder, is wees gelaat en in die skool se sorg geplaas.

Volgens die skool gaan sy saam met die leerders grootword en klasdraf. “Sy is ’n onmiddellike gunsteling wat almal se dag ophelder met haar sagte vel en uitbundige blêr wat deur die skool se gange weergalm.”

Nadat sy Donderdag ingeklok het, is haar naam in die HMO-familieboek geskryf. “KLK sal in al haar voedingsbehoeftes voorsien om te verseker dat sy ’n gesonde skoolskaap word.”

Martie kan ook op Instagram gevolg word.

Bronne: Hoërskool Martin Oosthuizen, Gemsbok

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief