SEEPUNT, WES-KAAP. – ’n Buitelandse vrou het haar selfoon teruggekry nadat dit na bewering deur ’n man op die hoek van Hall- en Beachweg in Seepunt gesteel is. Omstanders het ingespring en gehelp.
Paul Jacobson, VF-raadslid van Kaapstad, het ’n video van die voorval op sy Facebook-blad gedeel. Daarin kan gesien word hoe omstanders die “dief” takel en hom met ’n voorwerp slaan.
Die vrou tree later tussenbeide en versoek die omstanders om hom nie verder te skop nie. Talon Sekuriteitsdienste het met die inhegtenisneming van die man bystand verleen. Die vrou is na Seepunt-polisiestasie geneem om ’n saak te open.
Omstanders het glo gehoor hoe die vrou aan die verdagte sê sy vergewe hom.
Kyk hier na die video.
Waarskuwing: die video kan sensitiewe kykers ontstel.
Skermgreep van Paul Jacobson se Facebook-plasing:

Bronne: Paul Jacobson Facebook-blad, ASCF – Atlantic Seaboard Community Forum





