SUID-AFRIKA. – Die Afrikaanse sangers, Nádine en Dozi, het ’n duet getiteld Toe die engel aan die water raak opgeneem wat op 23 Februarie vrygestel gaan word.
Nádine het die nuus gister op haar Facebook-blad gebreek. “Uiteindelik…! Na baie jare van vriendskap, diep musiekgesprekke en die saamstem dat ons nog eendag iets saam sal doen, het ek en Dozi besluit om nou ’n duet saam op te neem.”
Volgens haar is dit ’n oorspronklike skepping met lirieke wat luisteraars se harte uit hul borskaste sal laat klop.
Dozi het op sy Facebook-blad gedeel die lied gaan deur Sam Delport in gebaretaal op ’n video vertolk word sodat almal kan “saam luister.”
Kyk hier na die bemarkingsvideo:
@sammy_delport @DOZI Splinternuwe Fantastiese song deur Dozi en Nadine. Uitgee datum die 23ste. Hou die spasie dop!!! #sam #signlanguage #musiek #Afrikaans #🎶 #🤟
♬ original sound – Sam
Bron: Nádine Facebook-blad, Dozi Facebook-blad, Sammy Delport TikTok





