Hittegolf bly talm oor land

Lees ook :

Moontlikheid van ligte reën na hittegolf. Foto: SAWS

Die Suid-Afrikaanse weerdiens se voorspelling vir vandag sluit moontlike ligte reën vir die ooste van die land in.

Hittegolftoestande sal steeds oor die Vrystaat, oostelike dele van die Noord-Kaap en die suidelike en westelike dele van Noordwes heers. Temperature in Noordwes sal tot Saterdag hoog bly namate die hittegolf oorbeweeg.

’n Waarskuwing oor toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande is vir die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap en die Khai-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap uitgereik.

Kanse vir verspreide donderbuie in die ooste van die land sal teen Donderdag vergroot, terwyl die moontlikheid van reën vir die naweek weer verswak.

Bronne: Suid-Afrikaanse weerdiens, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief