Kyk: Robbie Wessels doen “natuurlik gaan ek”-video

Lees ook :

Kyk Robbie Wessels doen “natuurlik gaan ek” - video. Foto's: Facebook

SUID-AFRIKA. – Die sanger, Robbie Wessels, het by die “natuurlik gaan ek”-trend op TikTok aangesluit.

Sosialemediagebruikers is sedert Januarie gaande oor dié neiging. Die konsep is eenvoudig: jy vul die spasies by “Ek is … , natuurlik gaan ek …” in.

Aanvanklik was dit onderwysers en polisiemanne wat die video’s begin maak het. Mense sien dit as die ideale geleentheid om met hulself, hul beroepe, identiteite en stereotipes gek te skeer.

Wessels begin sy video met: “Ek is Robbie Wessels en natuurlik gaan ek hierdie jaar by elke show die leeuloop doen.”

Hy integreer sy lirieke op ’n skreeusnaakse manier. “Ek is Robbie Wessels en natuurlik gaan daar by elke show geskinny dip word.” Dit verwys na sy bekend liedjie, Skinny dip.

Internasionale sterre soos Kim Kardashian en Mariah Carey het soortgelyke video’s gemaak.

Bronne: Robbie Wessels Twitter-bladsy, The Sun

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief