Lees ook: Marathonwêreldrekordhouer oorlede in motorongeluk
KENIA. – Kenia se marathonwêreldrekordhouer, Kelvin Kiptum, is Vrydag ter ruste gelê in Rift Valley, waar hy grootgeword het.
Kiptum (24) is op 11 Februarie oorlede in ’n motorongeluk na sy voertuig van die pad af in ‘n boom vasgery het. Sy afrigter, Gervais Hakizimana (36) is ook in die ongeluk oorlede.
Die nadoodse ondersoek het getoon Kiptum het ernstige kopbeserings opgedoen. Uitslae van toetse wat sal bepaal of hy onder die invloed van enige middels was, is nog nie bekend nie.
Kiptum het deelgeneem aan drie marathons en het die rekord in Chicago gebreek.
Hy wou die twee uur merk by die Rotterdam-marathon in April verbysteek.
Bronne: IOL, SA People, ESPN





