Nege beseer toe 100 voertuie in China bots

Lees ook :

100 voertuie in ongeluk in China, nege beseer
100 voertuie in ongeluk in China, nege beseer fotokrediet: Canva

Lees ook: Vyf mense oorlede na skip brug tref in China

BEIJING, CHINA. – Minstens nege mense is Vrydag beseer in ’n kettingbotsing in Suzhou waarby sowat 100 voertuie betrokke was.

Die voertuie het een na die ander op ’n gladde snelweg in ysige weersomstandighede in mekaar vasgery. Die meeste van die voertuie het groot skade opgedoen.

Niemand is dood in die botsing nie, maar drie persone is in die hospitaal opgeneem. Ses persone het ligte beserings opgedoen.

Die pad was ure later weer oop vir verkeer.

Bronne: IOL, BBC, TimesLIVE

Lees ook: Vyf mense oorlede na skip brug tref in China

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief