Marathonwêreldrekordhouer oorlede in motorongeluk

Lees ook :

Marathon wêreldrekordhouer oorlede in karongeluk
Marathon wêreldrekordhouer oorlede in karongeluk fotokrediet: Canva

Lees ook: Sowat 33 miljoen mense se data in Frankryk gesteel

KENIA. – Die marathonwêreldrekordhouer, Kelvin Kiptum (24), is in ’n motorongeluk in Kenia oorlede.

Hy en twee ander was gisteraand op pad van Kaptagat na Eldoret toe die voertuig gerol het. Kiptum en sy afrigter, Gervais Hakizimana, is op slag oorlede. Die vrou wat saam met hulle in die motor was, is na ‘n hospitaal geneem.

Kiptum het in Oktober 2023 die wêreldrekord gebreek in sy derde marathon in Chicago. Hy wou die eerste man wees wat ’n amptelike marathon binne twee uur voltooi.

Bronne: Boston, IOL, New York Post

Lees ook: Sowat 33 miljoen mense se data in Frankryk gesteel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief