MPUMALANGA. – ‘n Babaseun is gisteroggend vroeg op die P138-pad buite Secunda met behulp van konst. Prudence Diwe en konst. Jabulani Shongwe langs die pad waar sy ouers vir ‘n ambulans gewag het, gebore.
Volgens kapt. Magonseni Nkosi het die polisielede omstreeks 03:30 ‘n oproep van ‘n paartjie wat op hul motorfiets sit, ontvang. Die man het die lede ingelig hulle is op pad hospitaal toe omdat sy vrou in kraam is. Die situasie het egter vinnig verander toe die vrou in volle kraam gegaan het. Mediese nooddienste is ontbied, maar voordat hulle kon opdaag, het die polisielede met die geboorte van die babaseun gehelp.
Die ma en seun is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamelia het die lede wat met die geboorte bygestaan het, geprys.





